GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING

gesondheidsbeskuit rinatested
GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
Het vandag hierdie lekker beskuit gebak, ek weet ongelukkig nie wie het die resep vir my gegee nie, en ek het hom bietjie aangepas

Smelt saam en laat afkoel.
500 g margarine
1 koppies suiker
1 koppie heuning

Meng saam:
3 koppies koekmeel
1 koppie wheatbix
1 koppie semels
2 koppies oats
3 koppies nutty wheat
2 teelepels koeksoda
50 ml bakpoeier (10 teelepels)
1 teelepel sout
500 ml karringmelk (of 450 ml melk en 40 ml asyn laat staan om dik te word)
½ koppie klapper
1 koppie Jungle energy crunch
½ koppie gedroogte piesangstukke fyner gemaak

Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker.
Meng al die droë bestanddele. (Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.)
Druk met hande in 2 groot oondpanne.
Bak in oond van 180°C vir 10 min.
Stel oond af na 160°C en bak vir verdure 30 min.
Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte
Droog uit in oond by 100°C vir 4-5 ure (eie keuse)