GEDROOGTE SITRUSSKIL

 GEDROOGTE SITRUSSKIL

Na die skille van lemoene, suurlemoene en nartjies goed afgespoel is, word die buitenste oranje of geel skil verwyder deur die vrugte stadig in die hand te draai en die skil met ‘n skerp mes of vrugteskiller in spriaalvorm af te sny. Gebruik ‘n dik naald en duntou en ryg die stukkies sitrusskil sowat 2.5cm van mekaar af in. Hang die respies op in die skadu en laat dit so 3 dae lank hang. Sodra dit heeltemal droog is, moet dit in n lugdigte houer gebêre word. So sal dit ‘n jaar lank goed hou..Sny in klein stukkies vir die gebruik in vrugtemengsels, of gebruik in groter stukke saam met vleisdisse ens.