FLUISTERGENOT – WHISPERS PUDDING


FLUISTERGENOT – WHISPERS PUDDING
My weergawe van die Fluistergenot (Whisperspoeding/tert)
1 Sjokoladerolkoek (sommer gekoop)
1 koppie room
1 houer roomkaas
75 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk (ek het minder gebruik)
2 x 65 g Whispers (die met die koekies binne)
So 15 klein skuimpies
Sny rolkoek in skywe en plaas lagie in bak.
Klits room lekker styf. Voeg suurlemoensap by. Klits goed.
Voeg roomkaas en kondensmelk by en klits weer goed.
Maak skuimpies en Whispers bietjie fyn en voeg by roommengsel.
Meng goed. Smeer helfte bo-op rolkoek.
Pak weer laag rolkoek en skep res van roommengsel bo-op. Strooi gekrummelde sjokolade bo op. (Ek het vd rolkoek ge”gril” tot bros en toe oorgegooi). Versier met Whispers en kersies -ek wag vir my mense om te kom vir die roomblommetjies!
Bron: Corrie Pretorius du Plessis