ESMARI SE KALAHARI ECLAIRS


ESMARI SE KALAHARI ECLAIRS
Op stoof verhit 1 koppie melk
Wanneer kook, voeg 1 opgehoopte eetlepel vla of maizina by (wat met bietjie melk tot pasta aangemaak is)
Haal af van stoof en sit dadelik plastiekstrook oor die vla.
Laat afkoel en sit in yskas tot goed verkoel.
Klits 4 eetlepels botter en 4 eetlepels strooisuiker tot “wit” (woollies botter is die beste om te gebruik).
Voeg die vlamengsel lepel vir lepel in, dit word soos room en voeg dan 1 t vanilla ook by. Maak dubbel. Plaas in yskas tot benodig.
Kameeldoring gom vulsel:
In kenwood skei 4 eiers en gebruik net die gele.
Klits tot lig en romerig.
Terselfdertyd op die stoof in ‘n pot:
Smelt 1 k strooisuiker met 1/3 koppie glukosestroop en ½ koppie water.
Laat prut vir ongeveer 5 minute en voeg by die geklitste eiers terwyl jy dit klits.
Klits tot lekker begin verdik.
Sit plastiek oor en bere in yskas tot verkoel. Voeg dan by:
1 koppie geklitste dubbelroom en 1 t vanilla
Vou liggies by die mengsel in. Dis verruklik lekker!
Heinie’s pan meringue:
Klits nou die 4 eierwitte met 1 koppie strooisuiker en ¼ t kremetart tot styf.
Vou die 1 t vanilla en ½ koppie opgekapte pecanneute in.
Spuit die vulsel in 2 sirkels uit en bak op 150°C vir uur (verhit oond tot 180°C en draai dan af tot 150 as jy die meringue insit).
Hou eenkant.
Choux deeg:
200 g stork bake
250 water
250 ml melk
Sit in pot en laat smelt, wanneer begin kook, gooi meel en sout vinnig in.
300 ml meel
knippie sout
Haal af van stoof en sit in kenwood. Klits eiers 1 vir 1 in.
7 eiers
Maak nou die choux deeg en spuit ook in 2 sirkels in bakpan en bak op 190°C vir 35 tot 40 minute.
Opsioneel kan ‘n laag witkoek ook gebak word.
Maak genache van ½ koppie warm room en roer dan 1 blok sjokolade van jou keuse in.
Die samestelling van die Kalahari Eclaire koek:
1. Smeer die laag witkoek met appelkooskonfyt.
2. Plaas nou meringue laag.
3. Smeer dan lag duine vla oor.
4. Volgende word die eclaire sirkel oopgesny en met Kameeldoring gom vulsel gesmeer,plaas op mekaar en dan op die duinevla.
5. Smeer weer duinevla op die eclaire. Maak soveel lae soos jy wil en eindig ook met wat jy wil.
6. Gooi nou die genache “randomly” oor en versier met jou gunsteling versiersel.
7. Ek gebruik pienk roosblaartjies op die sjokolade genache, maar mintblare ens sal ook mooi lyk en selfs as jy versiersuiker aanmaak in ‘n skokkende kleur en met ‘n vurk heen en weer spat.
8. Hou in yskas in somer.
9. Die koek is nie perfek nie, maar die smaak wel!
BRON: Heather Strumpher