ELSA SE BEESVLEIS ENCHILLADAS

beef encilladas elsa
ELSA SE BEESVLEIS ENCHILLADAS
Resep en foto:  Elsa van Antwerpen Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
2 eetlepels olyfolie
2 groot uie dun gesny
550 g maer beesvleis in repies of gemaal
1 eetlepels fyn komyn
1 teelepel cayenne peper
1 teelepel paprika
sout en peper
8 sagte meel tortillas
1 bottel Tacosous, verdun indien nodig
225 g gerasperde Cheddar kaas

Verhit oond tot 180 ºC.
Smeer ‘n groot reghoekige oondbak.
Verhit pan op stoof en braai uie tot deurskynend.
Haal uit en hou eenkant.
Vermeerder hitte, voeg vleis by en braai vir 2-3 min.
Verminder hitte, voeg die speserye, sout en peper by en roerbraai vir 2 min.
Plaas Tacosous in vlak ronde bak en sleep tortilla daardeur.
Skep bietjie vleis in die middel van elke tortilla, sit bietjie uie bo-op en rol op.
Plaas die opgerolde tortilla’s soomkant onder in die bak, giet die res van die Tacosous bo-oor en strooi kaas oor.
Bak vir 30 min.