DADELBALLETJIES

dadelbolletjies lindatested

DADELBALLETJIES
250 g margarien
¾ koppie suiker
500 g opgesnyde dadels
1 pakkie marie beskuitjies fyngemaak
¾ koppie klapper
ekstra klapper om bolletjies in te rol.

Verhit margarien en suiker tot suiker gesmelt is.
Voeg die dadels by en hou aan verhit tot dadels sagter is.
Meng die klapper en beskuitjies in en meng goed.
Vorm balletjies en rol in klapper.
Bêre in lugdigte houer.
Nota:  Regte botter is maar die lekkerste vir hierdie bolletjies.

Maak 44 groot balletjies

Resep: Naudèa Visser
Foto:  Linda Venter