CECILIA SE APPELTERT

apple crumble Ceciliatested
CECILIA SE APPELTERT
KORS:
500 ml ongesifte koekmeelblom
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 ml sout
250 g margarine
VULSEL
1 blik onversoete tertappels fyngekap (385 g)
125 ml suiker
125 ml koekmengsel-droëvrugte
2 ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
Knypie sout
1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water

Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed

RESEP EN FOTO: Celilia Woest Hunwick