APPELLIEFIE KONFYT

appelliefie konfyt gideon
APPELLIEFIE KONFYT
1 kg appelliefies
750 g suiker
125 ml water
20 ml suurlemoensap
Trek die doppies en stingeltjies van die appelliefies af. Spoel vrugte af. Plaas suiker, appelliefies, water en suurlemoensap in ‘n groot genoeg kastrol.
Kook vrugte oor lae hitte totdat dit soos konfyt begin lyk. Roer af en toe om suiker op te los. Skep oortollige skuim wat gedurende die kooktyd gevorm het, af. Toets die konfyt om te sien of dit styf genoeg is. Skep in warm gesteriliseerde flesse en verseël dit onmiddellik terwyl dit nog warm is

Foto:  Carin Ras Wilson