ALLERLEI KOEKIES MET BASIESE RESEP

tested

ALLERLEI KOEKIES

Hierdie is ‘n groot gunsteling want jy maak ses verskillende soort koekies met een klomp deeg. Die resep lewer 45 koekies
Voorverhit die oond tot 180°C
Basiese resep:
Klits 80 g botter, 200 g suiker, 1 teelepel vanilla tot skuimerig.
Voeg 1 eier, ‘n knippie sout en 1 eetlepel room by.
Sif 200 g koekmeel en 1 teelelepel bakpoeier en roer by.
Verdeel die deeg in ses.

VANIELJEKOEKIES:
Rol balletjies, druk op bakplaat met ‘n vurk plat en bak vir 10 min.

KOFFIEKOEKIES:
Meng 2 teelepel kitskoffie by die deeg, rol balletjies, druk effens plat en versier met ‘n koffieboon. Bak vir 10 min.

SJOKOLADE APPELKOOSKOEKIES:
Meng 10 g kakao en ½ teelepel kaneel by die deeg, maak balletjies, druk met duim ‘n holte in elk en vul met appelkooskonfyt. Bak vir 10 min.

SJOKOLADE KOEKIES:
Voeg 10 g kakao en 50 g gerasperde sjokolade by die deeg, maak bolletjies, of druk uit, bak vir 10 min.

KLAPPERKOEKIES:
Voeg 75 g klapper by die deeg, maak bolletjies, of druk uit, bak vir 10 min.

GRAANVLOKKIE KOEKIES:
Meng deeg met 50 g korente en 3 eetlepels graanvlokkies, maak bolletjies, druk met vurk, bak vir 10 min.
Versier na smaak, mens kan ook die koekies met verskillende vorms afdruk en mooi versier.

Foto en nota:  Frances Smith
Let wel dat die resep aanwysing net genoeg is vir een batch variasie.
Van die variasies het ek dubbel aangemaak.
Vanilla – het sprinkles oor gestrooi.
Koffie – het growwe koffie gebruik, bietjie meer as wat resep aandui, wat die spikkels gee.
Sjokolade Appelkoos – het appelkoos met aarbei konfyt vervang en bietjie meer kakao
Sjokolade – weer bietjie meer kakao en so 65 g verkrummelde Flake ingesit
Klapper – en bietjie meer klapper ingesit.
Graanvlokkie – het All bran flakes gebruik.