WARMWATER SUURDEEG

warmwater suurdeeg dawie

WARMWATER SUURDEEG
Dis n lang proses.Wees gewaarsku.
Die aand voor jy bak, moet jy jou suurdeeg begin maak.
Kook so 2L water.
Skil 2 groterige aartappels en sny in kwarte, of rasper die aartappel.
Laat water afkoel sodat jy nie brand as jy jou hand daarin steek nie.
Giet in ‘n groot kastrol met ‘n deksel.
Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat, nie ‘n aluminium kastrol. Hy slaan aan.
Giet die water daarin saam met 1 eetlepel sout, 1 eetlepel suiker en 1 eetlepel koeksoda.
Strooi so 2 koppies witbroodmeel bo-op die water met so ‘n hopie meel in die middel.
Sit die kastrol in ‘n plastiekskottel met warm water en maak die hele konkoksie toe en sit ‘n warmwatersak of elektriese kombers by hom aan om warm te bly deur die nag.

Die volgende oggend roer jy die hele storie deurmekaar.
Voeg nog ‘n bietjie sterk warm water by en strooi weer meel so bo-op in die kastrol.
Hou weer warm. Kyk so na ‘n uur. Die inhoud moet omtrent lyk soos die foto hierbo.
As hy nog nie so lyk nie, hou hom nog warm vir ‘n uur en kyk weer.
Sterkte
Resep:  Dawie Vd Heever