SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE


SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE

8 – 10 hoenderporsies 
1 blik pynappelstukke (440g)
30 ml tamatiesous
15 ml suurlemoensap
15 ml suiker
sout en peper
40 ml mielieblom (2 eetlepels)
2 uie, fyn gekap
30 ml asyn
20 ml soyasous
5 ml medium kerriepoeier
250 ml hoenderaftreksel

Pak jou hoenderporsies in ‘n gesmeerde oondskottel en meng al jou bestanddele goed.
Gooi oor jou hoender en bak in ‘n vooraf verhitte oond by 180ºC tot gaar en mooi bruin.
Yummy baie lekker!
Foto:  Salome Odendaal Du Plessis