SMELT IN DIE MOND KOEKIES


SMELT IN DIE MOND KOEKIES
Foto: Elsabie O’Neill Ackerman
(60 koekies)
200 ml margarien
125 ml versiersuiker
375 ml koekmeel
125 ml vlapoeier
knippie sout
Room die margarien en versiersuiker tot lig en romerig.
Sif die koekmeel vlapoeier en sout saam en voeg by die bottermengsel, meng tot ‘n stywe deeg.
Rol die deeg in okkerneutgrootte balletjies.
Plaas op ‘n bakplaat en druk effens plat met ‘n vurk.
Bak 12 – 15 min by 180°C tot strooikleurig.
Laat op draadrak droog word.
Variasie:
Versier met stukkies rooi en groen kersies voor dit gebak word.
Plak die koekies opmekaar met versiersuiker of konfyt.