ROOTIS

ROOTIS
Resep geplaas deur Washielah Adams
FOOD LOVERS RECIPES

2 koppies meel
sout na smaak
125 g botter/marvello
yswater

Meng die meel sout saam. Vat die botter en vryf dit in die meel om soos broodkrummels te laat lyk.
Dan vat jy die water en voeg dit bietjies-gewys by om ‘n sagte bal te maak.
Strooi meel op jou tafel en werk die deeg tot alles bymekaar.
Maak ‘n lang wors van jou deeg en sny dit in eweredige stukke.
Vat 1 van jou balle en rol dit uit in ‘n sirkel.
Nou vat jy botter en smeer dit oor die oppervlak.
Rol die deeg op en slat dit so bietjie.
Rol dit op van albei kante en sit eenkant op ‘n bord tot al jou deeg so bewerk is.
Plaas in yskas vir halfuur.
Na die tyd vat jy ‘n bal op ‘n slag en rol dit uit van die middel af sodat jy ‘n mooi sirkel het.
Maak jou pan warm en smeer liggies met olie, plaas die sirkel daar in.
Laat dit braai tot ligbruin onder en smeer met olie. Draai om en bak aan anderkant.
Haal uit en sit op bord.
Fluff die rootie en gaan aan met die ander.
Jy kan dit ook mooi vou in ‘n driehoek tot al jou rooties klaar is.
Sterkte en geniet.