ROMERIGE BILTONGPASTA

CREAMY BILTONG PASTAtested

ROMERIGE BILTONGPASTA
Genoeg vir 4 mense
15 ml (1 eetlepels) olyfolie
250 g knopiesampioene
sout en vars gemaalde peper
500 ml (2 koppies) room
200 g nat biltong, gekerf
15 ml (1 eeetlepel) vars pietersielie, gesnipper
250 g linguini-pasta

Verhit die olie in ‘n pan en braai die sampioene ‘n paar minute tot geurig. Geur met sout en peper.
Sit die room by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die sous effens verdik.
Sit die nat biltong en pietersielie by en roer ‘n paar minute.
Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en meng dit by die biltongmengsel.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie