PRUTPOT KERRIE
HAHAHA…. ek het nie resep nie. Sit net in wat ek wil. Maar hier het ek in ‘n pot op die stoof my ui gebraai, toe sit ek my knoffel, sout, borrie, gemmer, 1 t tamatiepasta en kerrie poeier in, braai ek bietjie verder.
(Die kerriepoeier wat ek hier gebruik het is nog wat ek in Durban gekoop het). Toe dit als lekker saam gebraai het, het ek in ‘n bak gesit eenkant. Toe braai ek my vleis in selfde pot. As vleis lekker bruin (Kerrie) gebraai het, gooi ek die ui mengsel by + so 1/2 blik tamatie en ui en braai weer bietjie verder. Toe gooi ek als in slow cooker op high vir so 4 ure. Ek sit altyd my aartappels ook in, saam met wat ever groente, soos wortels of ertjies of groenbone.

Resep en foto: Diane Roode Hancox