PIESANG-WORTELKOEK-BROODJIE

wortelkoek nellatestedwortelkoek Belinda

PIESANG-WORTELKOEK-BROODJIE
Ek bak die koek graag, jy kan dit in broodpannetjies ook bak. Baie, baie lekker!
250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
knippie sout
250 ml piesangmoes
250 ml gerasperde wortel
125 ml gekapte neute


Klits suiker, olie en eier saam tot lig en donsig.
Sif die droe bestandele saam en meng met eiermengsel. Roer dan die fyn piesang, wortels en neute by. Bak by 180 ÂșC tot toetspennetjie skoon uitkom.
Roomkaas Versiersel:
1 bakkie roomkaas
80 g margarien
+/- 300 g versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Klits roomkaas en margarien saam tot goed gemeng. Klits dan versiersuiker by (gooi nog versiersuiker by indien te slap) en roer laastens vanilla by. Smeer oor afgekoelde koek/broodjies.

Resep: Charlotte verwey da Silva
Foto van koek: Nella Kootstra en Belinda Minnie