PEGGY SE SPESIALE SOUS VIR STEAK

FOOD IS ESSENSIAL

PEGGY SE SPESIALE SOUS VIR STEAK
5 teelepel botter
1 ui fyn gekap
250 g sampioene gekerf
110 ml witwyn
50 ml tamatie puree
150 ml beesaftreksel
60 ml room
15 ml brandewyn ( dit moet jy spaar vir die sous )

Braai ui in botter, voeg sampioene by, braai ‘n bietjie, voeg tamatie puree, wyn en aftreksel by kook tot dit met die helfde verminder het. Voeg room en die brandewyn by.
Maak goed warm en sit voor met steak op pan toast.
NS: Moet nie sous dubbeld aan maak nie, elke mengsel apart in ander pan.
Dit voel of jy in RESTAURANT eet BAIE LEKKER EN ANDERS
Resep:  Peggy Devine