OUMA ALET SE PYNAPPEL-ROOMVERSIERSEL
440 g fyn pynappel
Al die sap van die blikkie pynappel gemeng met 30 ml vlapoeier
125 ml suiker
Kook alles saam vir 10 minute.
Laat goed afkoel.
Klop 500 ml room met bietjie strooisuiker en suurlemoensap tot styf
Meng pynappelmengsel by roommengsel en versier die koek.