MILLIONERS CUPCAKES


MILLIONERS CUPCAKES
Bak sjokolade kolwyntjies en skep hulle magies met ‘n telepel uit en sit die proppies wat uit geskep is, langs elke koekie. Hoe dieper jy skep hoe lekkerder vul jy hom.
50 ml brandewyn, of koffie liquer, of sterk swart koffie
1 koppie suiker
250 ml kookwater
karamel kondensmelk
Plaas die brandewyn of lekker koffie liquer of selfs sterk swart koffie en suiker saam in ‘n kastrolletjie.
Voeg kookwater by en bring tot kookpunt.
NOTA: Indien brandewyn gebruik word, bring eers die suiker en water tot ‘n kokende stroop en roer dan die brandewyn in.
Skep nou so ‘n goeie eetlepel vol van die stroop oor die rante van elke kolwyntjie met die gaatjie in.
Skep dan die magie vol met so ‘n hoogvol teelepel Caramel kondensmelk en plaas die proppie terug op die koekie.
Die Ganash wat bo-op kom word so gemaak:
1 deel room by 4 dele sjokolade (bv 100 ml room by 400 g sjokolade)
blok sjokolade, gekerf
Laat die room opkook in ‘n potjie en verwyder van hitte.
Neem die sjokolade wat gekerf is en roer dit deur die room tot alles opgelos is. Laat eenkant om af te koel.
Hierdie “ratio” maak ‘n lekker stywe ganash wat vorm behou en goed smeer as dit afgekoel is.
Wanneer die ganash koud is, smeer ‘n bal oor die kop van elke kolwyntjie en vorm met ‘n mes om soos in die foto te vertoon.
Sit dan ‘n mooi rooi of groen kersie op en siedaar ‘n ongelooklik lekker alleen opvreet “millionaires cupcake”.
Bron: Emelia Lans-Brown