MILJOENERS BROSBROOD


MILJOENERS BROSBROOD
Ongeveer 24 blokkies
Brosbrood:
125 g (¼ blok) sagte botter
75 ml (5 eetlepels) strooisuiker
250 ml (1 koppie) koekmeel
knypie sout
Karamellaag:
60 ml (4 eetlepels) botter
45 ml (3 eetlepels) gouestroop
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ koppie) strooisuiker
Bolaag:
200 g (2 pakke) sjokolade, in blokkies gebreek
100 g (1 pak) donkersjokolade, in blokkie gebreek
Voorverhit die oond tot 160°C.
Brosbrood – Room botter en strooisuiker tot liggeel. Sif koekmeel en sout by en meng tot sagte deeg vorm.
Druk deeg vas op die bodem van koekpan 20 cm x 20 cm groot wat met bakpapier uitgevoer is.
Prik deeg met vurk en bak vir 20 minute. Verwyder uit oond en plaas eenkant om af te koel.
Karamellaag – Verhit bestanddele vir karamellaag oor matige hitte in dikboomkastrol tot suiker opgelos is. Roer af en toe. Kook verder tot mengsel dik en goudkleurig word. Dit neem ongeveer 10 minute vandat eerste borreltjies begin vorm tot karamel reg is. Skep karamelsous bo-oor broskors. Hou eenkant tot gestol.
Keer koekies versigtig met behulp van bakpapier uit die pan.
Bolaag – Smelt sjokolade teen 70%- krag in mikrogolf. Roer af en toe tot dit glad is.
Smeer sjokolade bo-oor karamellaag en laat eenkant tot gestol.
Sny kante gelyk en sny ewe groot blokkies.