MIELIEMEEL POFFERTJIES

mieliemeel pofferstested

MIELIEMEEL POFFERTJIES
1 koppie mieliemeel
1 liter kookwater
1 pakkie garlic and herb patato bake.
1 pak spek gesnipper
2 koppies gerasperde kaas
1 groot ui fyngekap
3 eiers
2 koppies bruismeel
Olie vir braai
Meng mieliemeel en patato bake.
Giet die kokende water in diep mikrogolf bak. Voeg meelmengsel by terwyl jy vinnig met draadklitser klits om klonte te vermy. Klop tot dit begin verdik.
Kook vir 4 min op hoog in mikrogolf
Meng goed deur en plaas gladwrap op pap se oppervlak om te verhoed dat dit ‘n velletjie vorm.
Laat staan tot dit amper koud is(jou vinger moenie brand nie) .
Braai intussen die spek tot bros en voeg by pap.
Voeg  gerasperde kaas by.
Braai  ui wat fyngekap is en voeg by.
Klits  eiers en meng in die pap in.
Voeg die bruismeel by en meng goed deur .
Bak lepelsvol van die beslag in warm kookolie en strooi biekie aromat oor.

Foto:  Benhet Niewenhuis