MARIE SE SOUTTERT

marie se soutterttested
MARIE SE SOUTTERT

My ligte aandete. Souttert met n verskil wat ek gemaak het, ingelegte kerrie beet, tamatjies, komkommer en kiewievrug, en dit is al.

My eie souttert resep. In plaas van kaas het ek 2 minute noedels gebruik.
400 ml melk
1 blik soutbeesvleis
3 of 4 geklitste eiers
2 x 2 minute noedles ek dit gebruik in plaas van die 500 ml gerasperde kaas

1 uie gekap
125 ml koekmeel
5 ml elk van sout, mostertpoeier, as jy wil pietersielie
1 ml knoffelvlokkies

Meng alles saam, skep in ‘n gesmeerde bak en bak by 180ºC tot gestol, en ligbruin.
Dit is lekker, gou en maklik.

Resep en foto:  Marie Rheeder Troskie