MAKLIKE MELKTERT-MIKROGOLF

tested

MAKLIKE MELKTERT-MIKROGOLF
Ek maak hom gereeld flop vry
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie melk
2 blikkies warm water KLITS AL DIE BESTANDDELE SAAM

2 eetlepels botter
4 eiers
6 eetlepels hoogvol mielieblom (mazena)
knippie sout
1 teelepel vlapoeier kan ook bygevoeg word.
Meng alles by die melkmengsels

Vir kors
pakkie tennisbeskuitjies of krummels gemeng met die 2 eetlepels botter.
Pak die beskuitjies in die tertbak of druk die krummel/botter mengsel vas in die tertbak as kors.

Mikrogolf 7 minute op hoog, haal uit,  klits weer,  mikrogolf weer 5 min op hoog, haal uit, klits weer tot romerig,  mikrogolf weer vir 3 min op hoog,  haal uit klits weer goed.
Gooi oor krummels – laat afkoel  – strooi kaneel bo oor.
Bron:  Marie Rheeder Troskie