LEWER MET KRUIESOUS

LEWER MET KRUIESOUS
500 g lewer
30 ml koekmeel
5 ml sout
1 ml peper
15 ml marjolein
30 ml botter
30 ml olie
75 ml gekapte ui
250 ml vleisaftreksel
125 ml gekapte pietersielie
30 ml suurlemoensap
Was die lewer en verwyder die vliesies en sny in repies.
Meng die meel, sout, peper en marjolein saam.
Rol lewer daarin.
Braai die uie en lewer in die botter en olie.
Voeg die ander bestanddele by die lewer.
Prut todat die lewer gaar is, ongeveer 15 – 20min.