LEKKER VERSIERING VIR CUPCAKES

cupcakes met rosiestested

LEKKER VERSIERING VIR CUPCAKES
500 g Wooden Spoon margarien, bietjie sag gemaak in mikrogolf
8 koppiies versiersuiker
Meng dit goed, gooi so bietjie vanilla by, gebruik room om dit sagter te maak as die mengsel te styf is, en klits, klits, klits!!! …

In plaas van vanilla kan suurlemoen by kom.

As jy sjokolade versiersuiker maak gooi ek so 4 teelepels opgelosde koffie met min water gemeng en vanilla by en gebruik gewone Stork bake margarien. Enige ander kleur werk die beste met Wooden Spoon.

Pasop vir te veel room, dan hou dit nie vorm nie. Gebruik spuitsak met lekker groterige sterpunt voor aan, strooi bietjie glitter op, plak ‘n blommetjie of twee op en en Wala….
Resep:  Susan Marais

Pattie Rossouw
Hierdie is ‘n heerlike versiersel, nie te soet nie, en sag:
250 ml melk
50 ml maizena opgelos in bietjie melk
knippie sout
Kook melk en gooi maizena by, kook tot dik en gaar, en koel af tot YSkoud.
Klits nou 125 g botter en 125 ml strooisuiker goed tot suiker opgelos is (paar minute). Klits lepelsvol van die koue pap by. Geur met vanilla of geursel van jou keuse.

Lindy Mans Van Heerden
100 g sagte botter, Klop goed saam 1 blik (385 g) kondensmelk en 5 ml vanielje ekstrak of 1 vanielje peul se saadjies.
Rus 30 minute in die yskas.
Dis ‘n roomsagte versiersel waaroor almal mal is. Xxx