LEKKER KARAMEL BROODJIES
LEKKER KARAMEL BROODJIES
1 pak gekoopte brooddeeg
bruinsuiker
1 houertjie room (250 ml)
Neem ‘n glas bak wat so ongeveer 9 bolletjies in pas, strooi ‘n lekker dik laag bruinsuiker onder in die bak.
Neem die gekoopte brooddeeg en maak bolletjies.
Pak die bolletjies deeg bo-op die suiker, strooi weer ‘n lekker dik suiker bo-oor die bolletjies.
Giet ‘n houertjie room bo-oor en bak in die oond teen 180 ÂșC vir ongeveer 45 min, toets dat jou bolletjies gaar is.
Nota:
Hierdie is vingerlek lekker, maak maar twee bakke vol.
Resep en foto: Rina Kleinhans
