LEKKER BOTTERVERSIERSEL

botterversiersel 2tested
LEKKER BOTTERVERSIERSEL
Die resep maak genoeg versiersel om ‘n dubbellaag koek of 24 kolwyntjies te versier. (Ons gebruik Stork Bake vir ‘n heerlike smaak, jy kan egte botter ook gebruik indien jy so verkies)

250 g botter (sag/kamertemperatuur)
500 g versiersuiker (gesif)
30 ml melk
5 ml vanilla geursel (of geursel van eie keuse)
kleursel (opsioneel)
Die groot geheim le in die klits, jy moet die botter klits totdat dit lig van kleur en romerig is voor jy die versiersel bysit.Room die botter tot glad met ‘n klitser.
Voeg die gesifte versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Meng goed en voeg geursel en opsionele kleursel by.
Meng die melk by om dit gladder te kry.
Smeer op koek of kolwyntjies.
SUURLEMOEN-BOTTERVERSIERSEL
4 eetlepel botter
3 eetlepel suurlemoensap (Ongeveer)
2 koppie versiersuiker
Paar druppels geel koekkleursel
Room die botter en voeg die suiker geleidelik daarby, klits totdat dit lig en skuimerig is. Voeg die suurleoensap by om dit tot ‘n smeerdikte te kry. Kleur tot ‘n delikate geel met koekkleursel.
Bron:  Petra Pretorius
Foto:  Tertia Cassell