KERRIE SNOEKSOP ALA HANNALIE

snoek soptested
KERRIE SNOEKSOP ALA HANNALIE
Stert en ruggraat van snoek met alle ekstra stukkies vis
1½ liter koue water
3 lourierblare
4 peperkorrels
1 groot geelwortel, grof gerasper
2 groot uie, fyngekerf
1 groot aartappel gerasper
1 eetlepel botter
1 eetlepel olie
2 teelepels kerriepoeier

1 teelepel borrie
2 eetlepels suurlemoensap
¼ koppie fyngekapte peitersielie
Sout en peper

Gebruik stert en ruggraat van die snoek saam met ander orige stukkies vis (Ek het 1 kleinerige snoek gebruik)
(Indien dit soutsnoek is wat gebruik word, week oornag in water en spoel af) Bedek vis met water, voeg lourierblare en peperkorrels by en laat kook vir ± 25 minute. Skep skuim af. Verwyder van stoof en laat afkoel. Verwyder grate en pluis vis. Braai intussen die uie, Kerrie en borrie in olie en botter tot goed gaar, voeg geelwortel en aartappel by en roer goed deur. Voeg nou die geelwortel mengsel by die vismengsel en kook tot groente goed gaar is, ± 30 minute. Voeg nou suurlemoensap, sout en peper na smaak by. Voeg net voor opdien die pietersielie by en meng deur. Bedien met vars volgraanbrood of croutons.Het jare terug hierdie resep by die Chef van De Oude Libertas Restaurant gekry.
Resep:  Hannalie Kitshoff
Foto: Gideon Louw