KAASSOUS

tested
KAASSOUS
30 g botter
30 g meel
500 ml melk
90 g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
neutmuskaat na smaak

Smelt die botter in ‘n souspan, roer die meel by en voeg die melk geleidelik by terwyl jy aanhoudend roer. Hou aan met roer tot dit kook. Gaan so voort vir 5 minute. Indien die sous te dik is na jou smaak kan jy ekstra melk byvoeg.Verwyder die pan van die hitte en geur met sout en peper en die neutmuskaat.
Roer die kaas by.Nota:  Jy kan hierdie sous in die mikrogolf ook met groot sukses maak
Resep:  Pieter Van Vuuren