HEERLIKE PRUTPOT BROOD

slowcooker broodtested
HEERLIKE PRUTPOT BROOD
Resep:  Chadelain Jordaan
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak brooddeeg
½ (halwe) koppie water
Prutpot – Groot weergawe maar ½ kleiner weergawe.

Plaas die ½ (halwe) koppie water in prutpot. Stel op High.
Plaas hele pak deeg in, druk die deeg eweredig plat op die bodem van die prutpot wat lagie water op het.
Plaas die deksel op en laat vir 1 uur en 30 min op HIGH, hy behoort dan ¾ (driekwart) gerys te wees.
Strooi dan sampioene, ½ (halwe) blikkie tamatie en uiesmoor en kaas oor.
Plaas die deksel terug op en laat vir nog 1 uur gaan.
Haal die deksel af, en laat dit nog vir ‘n verdere 30 min gaan.

(Ek het myne net ‘n ruk laat staan om af te koel, want die bak was warm. Ek het in plaas van die sampioene en tamatie en uiesmoor, bietjie kaas en uie in die deeg in geknie, voor ek dit vir die 1 uur en 30 min in die prutpot gesit het. Toe het ek tamatie baie fyn ge”chop” en kouevleis in baie klein stukkies gesny en saam met die tamatie en nog kaas bo-oor gestrooi na die 1 uur en 30 min verby is en jy die ander goed moet oor sit vir die volgende 1 uur.)

Foto van gewone brood deur Hanlie Henning:  Niks bo-op gegooi nie, net so gebak.

prutpot brood