HEERLIKE AARTAPPELKROKETTE

HEERLIKE AARTAPPELKROKETTE
660 g fynaartappel (750 ml)
2 eiers – geklop
30 g botter – gesmelt
5 g sout (5 ml)
500 mg rooipeper (1 ml)
5 g fyngekapte pietersielie (12,5 ml)
Krummels

Meng al die bestanddele en klop deeglik. Vorm in krokette en rol in jou krummels. Plaas ‘n rukkie in die yskas.Bak dit in ‘n gesmeerde pan tot mooi goudbruin  so by 180*C
Vir `n ander smaakie kan jy so 3 eetl. gerasperde kaas bygeroer.