GEVULDE BROODJIES SAAM MET BRAAI

GEVULDE BROODJIES SAAM MET BRAAI
Vinnig en maklike broodjies  om jou gaste mee te beindruk by ‘n braai.
Jy kan lekker room spinasie en feta ook gebruik, maar hier onder is nog ‘n lekker idee.
6 buns (broodjies) (Die wat hard is buite ,maar sag is binne lyk of hul half getwist is)
1 pakkie sampioene(gesny)
1 soetrissie na smaak
1 pakkie sampioensop
1 ui
250 ml vars room
1 pakkie gesnipperde spek
800 ml melk

Braai spek, uie, soetrissie (soveel jy wil in he, net nie die hele green pepper nie asseblief) en sampioene.
Maak die sop aan met melk en kook, roer room by en laat vir so 2 minute liggies prut tot dit begin dik raak en voeg by gebraaide mengsel.
Hol broodjies uit, vul met die vulsel lekker dik en strooi kaas oor, net voor die vleis afkom, sit die gevulde broodjies bietjie onder die oondrooster tot kaas smelt.