GESTOPTE SKAAPBOUD


GESTOPTE SKAAPBOUD
Maak genoeg knoffelhuisies skoon, sny genoeg lekker stukke ui, hou die swartpeperkorrels by der hand, en sny so 2 repe spek in stukkies, Maak nou lekker gate in die boud met ‘n skerp mes, en steek in elke gat een van elk van die bogenoemde.
Draai die boud om en doen dieselfde aan die agterkant. Sprinkle nou lekker genoeg speserye van jou keuse oral oor die boud, sit bietjie vars kruie bo-op en daar is hy reg vir die oond. (roosmaryn takkie en tiemie ens)
Bak in die oond teen 120 º C deur die nag, of so 3-4 ure in die oond teen 180ºC. tot die been los voel binne, met ‘n deksel op. Draai gereeld. Haal uit, laat rus so rukkie en sny op en bedien met lekker gegeurde rys, en groente.
Nota:
Jy kan hom ook in ‘n bak sakkie sit en ‘n botteltjie Franse slaaisous oorsit voor jy hom gaarmaak..
Heerlik heerlik
Resep en foto: Rina Kleinhans