GEROOMDE SPINASIE


GEROOMDE SPINASIE

Twee pakke van 300g elk Spinasie, deeglik gewas. Sny stingels uit wat baie groot is.

250ml Room
2 Eetlepels Botter
4 Opgehoopte Eetlepels Meel
Twee draaie vars gemaalde swart peper
Knippie fyn neut
2ml Aromat

Om spinasie te stoom:. Sit spinasie in vergiettes en voeg knippie sout by. Sit bo-op ‘n groot genoeg pot waarin een koppie water gevoeg is en tot kookpunt gebring is. Stoom vir 5 minute en verwyder van plaat. Doen een pak spinasie op ‘n slag. Behou water onder in pot. Plaas spinasie op ‘n groot bord en sny fyn met ‘n skerp mes.

Smelt botter in pot, voeg meel, geurmiddels en gedreineerde water by. Roer met draadklopper (whisk) om klonte te vermy. Sit op plaat wat op hoƫ hitte is, voeg room by en roer aanhoudend tot die sous verdik. Verwyder van plaat.

Voeg fyngesnyde spinasie by sous en roer deur.

Nota: Room kan deur melk vervang word of helfte room, helfte melk.

Louise Groenewald (eie resep)