FERM MAASKAAS VERSIERSEL
Ek kan vir julle se wat ek doen om my maaskaas ferm te kry.
Klits ‘n derde blok wit margerien( kamertemperatuur) tot glad en voeg die versiersuiker by. Meng die maaskaas lepel vir lepel by tot dit na jou smaak is, ‘n Eetlepel of twee melkpoeier stabiliseer ook loperige versiersuiker. Ek hoop dit help.
Idee Hester Booysen
Die hoof bestanddeel vir die vulsels is gewone roomkaas. Onderste een het geroosterde klapper ook in, middelste amandel geursel en bo is my gewone mengsel met geroosterde pekanneute. Maak die neute sagter vir sny en bring die olie uit die neute uit wat die smake laat komplimenteer met mekaar.
foto: Jaco Bester

