DIRKIE SE PEPPADEWS

peppadwes dirkie

Dirkie se Pepperdews… (MY spelling)
Die rissies moet baie rooi wees voordat dit afgepluk en ingele kan word.. Nadat dit afgepluk is laat le in ‘n bak met koue water en spoel baie baie goed af..Sny die stingeltjie en die kroontjie af en haal al die pitte uit met die steeltjie van ‘n teelepel..werk versigtig sodat die rissie nie “skeur” nie…. spoel onder lopende kouewater af om res van pitte en vliesies uit te was…
Kook saam….
Vir elke kilogram… (plus minus) 1koppie water, 1koppie suiker en 1 koppie wit asyn…Laat die stroop borrelkook….Sit die rissies, ‘n paar op ‘n keer in ‘n pot en Laat dit net opkook, dit help om hulle bietjie sagter te maak en ook dat dit makliker hanteerbaar is.. Pak nou die rissies styf in die skoon gesteriliseerde vlesse… gooi kokende stroop oor rissies in die bottels… druk ‘n mes langs die kante van die bottel in om die lugborrels uit te laat gaan (die rissies in hol en kry maklik lugborrels)..pasop vir stukkend steek…verseel en sit onderste-bo neer om lugborrels te laat uitgaan… maak oop en gooi nog stroop oor indien nodig.. verseel weer… en STEEK weg… dit is HEERLIK…..
Hierdie rissies is HEERLIK wanneer dit met maaskaas gevul en saammet southappies of bo-op ‘n slaai bedien word.
Wilma Josey Venter