BOTTERSKORSIESOP

GOOD FOOD 2

BOTTERSKORSIESOP
Ek maak die een al vir jare-
Skil, verwyder pitte en cube n groot of 2 medium grootte botterskorsies. In ‘n sop pot of groot kastrol braai ‘n opgesnyde ui in twee eetlepels olie vir so 2 minute, voeg ‘n teelepel kerriepoeier by en braai nog so minuut of twee.

Voeg die botterskorsie blokkies by en roerbraai n paar minute.
Los ‘n “chicken of vegetable stock cube” op in ‘n liter kookwater en voeg by die botterskorsies. Laat kook stadig vir so halfuur of dalk meer.
Voeg twee groen appels wat jy geskil en stronke verwyder het en in blokkies gesny het by, en kook vir ‘n verdere 12 minute.
Voel met ‘n vurk of die appel sag is. Versap (blend) die sop.
Voeg nog kookwater by as jy die sop dunner verkies. Voeg peper en sout na smaak by. Roer so vier eetlepels room by of na smaak.
Bedien met vars gebotterde brood en garneer met ‘n gekapte pietersielie (opsioneel).
Geniet dit!
Resep: Yolande Potgieter