BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK



BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK
1 kg beesstert
2 eetlepels olyfolie
100 g wortel, blokkies gesny
50 g uie , blokkies gesny
50 g seldery, gekap
2 koppies rooiwyn
1 koppie port
1 koppie sterk swart filterkoffie
6 koppies beesvleisaftreksel (4 – 6 blokkies)
sout en peper
1 elk lourierblaar, tiemie, pietersielie takkies of bouquet garni
Verbruin vleis in olie, haal dan uit en verbruin wortels, uie en seldery. Gooi rooiwyn in pot en kook vinnig vir 10 minute. Voeg dan aftreksel, koffie, port en beesstert by. Geur met sout, peper, en kruie. Verlaag temperatuur en kook stadig vir 4-5 ure tot sag en van bene afval. Bedien met kapokaartappels.
Heerlik verby!
Resep: Carol Elliott Claassen
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Dit is vingerlek lekker, ek sal dit beslis weer maak.
Ek het net bietjie knoffel en rooi peppers bygesit, en het maskadel in die plek van die port gebruik. Ek sal dalk volgende keer my wortels eers bietjie eenkant kook en dit later bysit by die beesstert, net omdat hulle vir my baie donker raak in die sous, maar regtig ‘n resep om te probeer. Ek het klein mielietjies vir die laaste rukkie saam gekook. Ek het The Wolftrap Syrah rooiwyn gebruik.
Foto: Frances Smith
Het hierdie resep gister gemaak.
PS:
Het resep bietjie aangepas.
Was 2.5 kg vleis en ongeveer 500ml minder water.
Bietjie meer seldery, wortels en het klein mielies bygesit en opgedien met samp.
Vleis en groente aan bokant kom donker uit, miskien oor die koffie, het Douw Egberts gebruik.
Het in oond gebak op so 80°C vir omtrent 8-10 ure.