ALLERLEKKERSTE SWARTWOUDKOEK

black forest cake joey

ALLERLEKKERSTE SWARTWOUDKOEK
Koek:
250 ml koekmeel
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
60 ml kakao
125 ml kookwater
125 ml olie
4 eiers geskei (Klits eierwitte styf)
Meng droë bestanddele en maak holte.
Meng ander bestanddele en meng alles saam.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel in.
Skep die beslag in ‘n reghoekige glas tertbak wat gesmeer is.
Bak by 180°C vir 35 min.
Sous:
1 x blikkie ingedampte melk
250 ml suiker
Kook saam ¾ blikkie ingedampte melk en 250 ml suiker.
Skep oor die koek sodra uit die oond kom.

OPSIONEEL:
Kersie likeur kan oor koek gesprinkel word voordat jy die sjokolade oor smeer!

Sjokolade laag oor koek:
200 g blok sjokolade {heel neute maak dit nog interessanter}
Res van ingedampte melk
Smelt blok sjokolade met res van ingedampte melk en smeer oor koek as afkoel.
Om tert af te rond:
1 x blik ontpitte Swart kersies {gedreineer}
1 houertjie room styfgeklits
neute om oor te sprinkel
1 x Flake sjokolade
Maraschino kersies
Sjokolade krulle
Versprei swart kersies oor koek.
Smeer styfgeklopte room daaroor.
Sprinkel neute, Maraschino kersies, sjokolade oor room.

Foto en resep geplaas deur Louise Venter