AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE


AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel, in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
½ teelepel sout
Plaas die aartappel, suiker en sout in die lou water.
Strooi die koppie meel liggies oor.
Roer dit twee keer.
Sit dit in ‘n houer wat twee keer die volume van die beslag kan neem.
Sit doekie oor, sit in plastieksak, en vou die houer toe in ‘n kombers.
Laat dit oornag staan.
Die volgende oggend kan jy vir jou ‘n halwe koppie uitskep om ‘n brood mee te bak.
Sit die res in ‘n glasfles in die yskas – jy kan dit tot 3 weke lank so hou.
Hierdie plantjie kan gebruik word vir enige suurdeegbeslag.
As die vloeistof klaar is, kan jy net weer die helfte van die water, suiker, sout en meel byvoeg.
Foto: Leilanie Claassens