4 BESTANDDELE KOEK MET BUTTERSCOTCH
4 BESTANDELE KOEK MET BUTTERSCOTCH
Alweer terug by ons veelbesproke koek….
Maak gate met ‘n appel “corer”, kits “butterscotch” pudding gemaak met helfte van die vloeistof en vul die gate daarmee. Bo-op het ek tiramiso gesmeer, en kakao oorgesif, en afgerond met sjokolate “chips” Ons gaste het hierdie nagereg baie geniet !
Maklik, lekker, vinnig!
4 Bestanddele sponskoek:
6 eiers geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker ( ek het strooisuiker gebruik)
60 ml kakao
Skei die eiers, voeg ½ kop suiker by die witte en ½ koppie suiker by gele.
Sif die meel en kakao saam.
Klits die witte baie goed, (amper tot styf) en klits dan gele baie goed.
Meng die twee mengsels bymekaar en voeg die meelmengsel bietjies gewys by, tot goed gemeng.
Bak in voorverhitte oond by 180º C vir 30 min.
Resep aanpassing en foto: Retha-Jane Duvenhage Buys

