3 BESTANDELE BROWNIES MET NUTELLA

3 bestandele brownies 2tested

3 BESTANDELE BROWNIES MET NUTELLA

600 g sjokoladesmeer bv nutella
4 eiers
120 g koekmeel

Verhit oond op 180ºC. Meng die sjokoladesmeer, eiers en koekmeel tot gladde beslag.
Voer ‘n losboompan van 30cm met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Gooi die beslag in die pan en skep bessies of sjokolade oor of neute en bak vir 20-30 minute tot gestol. Laat heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan haal en sny in blokkies om voor te sit.

Foto: Heloise De Beer