ZELDA SE SANDWICH SPREAD


ZELDA SE SANDWICH SPREAD
1 Engelse komkommer fyn gekap of gerasper
1 ui fyn gekap
2-4 geelwortels fyn gerasper
1-2 groen soetrissies fyn gekap
1-2 rooi soetrissies fyn gekap
750 ml wit druiwe asyn
500 ml mayonnaise
Meng al die groente in ‘n mengbak, giet die asyn oor en laat 24 uur staan. Dreineer goed. Druk al die vloeistof uit, meng die groente
met net genoeg mayonaise tot dit smeerbaar en goed gemeng is. Skep in skoon
flesse en maak dig toe en bere in yskas
BRON EN FOTO: Zelda