WORTELKOEK (mikrogolf)

mikrogolf wortelkoek
WORTELKOEK (mikrogolf)
Klits die volgende saam:
2 eiers
125 ml gerasperde appel of pynappel
170 ml kookolie
250 ml gerasperde wortel
200 ml bruinsuiker
Voeg die volgende by:
300 ml koekmeel
250 ml neute, gekap
5 ml bakpoeier
5 ml vanilla geursel
5 ml kaneel
5 ml koeksoda(met bietjie melk gemeng)
2 ml sout

Skep in ‘n ringkoekpan wat met Spray and Cook gespuit is. Bak 12 minute, Med High (70%).
Versiersuiker:
160 ml maaskaas
60 ml margarien
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Klits bogenoemde goed en skep oor koek wanneer dit afgekoel is.

Resep en foto:  Veronica Roux  – Hi julle, ek’t hierdie resep by ‘n vriendin gekry. Dis baie lekker!!