VINNIGE SKILFERKORSDEEG VIR HORINKIES
VINNIGE SKILFERKORSDEEG VIR HORINKIES
My weergawe van “quick puff pastry”
250 g + 2 koppies koekmeel (450 g)
250 g botter
Sif die meel, voeg botter by en verkrummel die meel en botter met jou hande.
Jy sal nog baie stukkie botter sien.
Maak ‘n gat in die middel van die meelmengsel.
Voeg 100 ml koue water by en maak aan sodat die deeg elasties is.
Rol die deeg uit op gemeelde oppervlakte in ‘n reghoek.
Vou dit soos ‘n brief op in langwerpige manier soos jy dit vanaf die onderkant af vou dan vou jy dit van links na regs weer. Draai dit weer 90º.
Rol dit dan weer uit soos voorheen en herhaal die hele porses nog twee keer. Sit in yskas vir 30 minute.
Rol die deeg uit, sny in stroke en draai om die horinkie metaal vorms.
Bak in die oond teen 180 ºC tot net mooi verkleur.
Haal uit laat effens afkoel en verwyder van die vorms.
Ek het die resep aangepas soos ek van dit gehou het .
Vulsel:
1 koppie room styf geklop
1 blikkie gekookte kondensmelk
Klits die kondensmelk goed en vou bymekaar in.
Vul die horingkies daarmee.
Resep en foto: Joey Krüger

