VINNIGE MODDERKOEKIES
VINNIGE MODDERKOEKIES
Hier is nou ‘n lip lekker resepie!!!
125 g margarien
2 koppies suiker
½ koppie kakao
125 ml melk
Kook bogenoemde vir 5 min saam.
Voeg by:
750 ml oats
250 ml klapper
1 teelepel vanilla
Meng goed deur en skep lepelsvol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat afkoel tot gestol. 😉
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis

