TURKSVYSLAAI

turksvyslaaitested

TURKSVYSLAAI
Hierdie resep het ‘n prys gekry vir bykos op ‘n potjiekos-kompetisie.
10 turksvye
250 ml jogurt (gewone)
100 ml room
5 eetlepels soet blatjang
2 ml sout
2 ml wit peper
2 t gekapte grasuie (Chives), vars indien moontlik
1 t vars dill of droë, maar gebruik dan minder
gekapte pietersielie vir garnering

Skil turksvye en kap rofweg.
Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.
Gooi oor die turksvye.
Strooi bietjie pietersielie oor.
Bedien yskoud.
RESEP: Anne-Marie van der Merwe

NOG ‘N SLAAI VAN Benhet Nieuwenhuis
Hierdie is wenner!!! Truksvye in blokkies gesny en gemeng met mayonaisse en sweet chillie-sous!
HEERLIK HEERLIK!
FOTO: Benhet Nieuwenhuis