TUNA EN LENSIE BOBOTIE
Voorverhit die oond tot 180 °C. Breek die brood in stukke en giet die melk bo-oor. Laat staan tot heeltemal geabsorbeer. Verhit intussen die olie in ‘n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg die sout en speserye by en braai vir twee minute, tot geurig. Voeg die tuna en lensies by en braai tot geurig en deurwarm. Voeg die suurlemoensap, brood-en-melkmengsel, asook swartpeper na smaak by en braai tot goed gemeng en deurwarm. Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 30 minute. Verwyder uit die oond en druk ‘n paar lourierblare in die bobotie. Klits die eiers en melk saam en giet bo-oor die bobotie. Bak vir ‘n verdere 10 minute, tot ferm en goudbruin. Sit voor met rys. Lewer agt porsies.
Wenk: Om tyd te bespaar, gebruik 2 x 410 g blikke gaar lensies vir die resep. Spoel dit net vooraf baie goed af en dreineer goed.
Foto: Sandra Schreuder-de Klerk

