SYLVIA SE MAKLIKE BRUINTJIES


SYLVIA SE MAKLIKE BRUINTJIES
Ek het altyd van die Brownies in my yskas. Die resep maak so 25 blokkies en
hou lank in n digte houer. Dit is bros buite en so lekker chewie binne.
3 eiers
270 ml strooisuiker
140 g (so 9 blokkies ) donkersjokelade in stukke gebreek en gesmelt
110 g canola olie
7 eetlepels koekmeel
1 teelepel bakpoeier
6 eetlepels kakao
knippie sout
75 g neute
kakao vir versiering
5 ml vanillageurselVerhit oond tot 160ºC.
Smeer n 20 – 20 cm koekpan.
Klits eiers liggies, voeg die strooisuiker bietjies by en klits tot lig en
dik.
Meng vanilla, sjokolade en olie by.
Sif droë bestanddele oor en vou saam met die neute in.
Skep in bak, bak 30-35 min.
Laat afkoel en sny in blokkies.
Sif kakao oor.
Geniet dit.
Resep: Sylvia Carstens