SUIKERMIELIEPOFFERTJIES
SUIKERMIELIEPOFFERTJIES
Joey Badenhorst Lotter
Foto: Issie Snyman
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml koekmeel
5 ml sout
30 ml margarien, gesmelt
5 ml ui, gerasper
420 g geroomde suikermielies
10 ml bakpoeier
1 ml rooipeper of magtige kerriepoeier
2 eiers, geskei
300 ml Cheddarkaas, gerasper
olie vir vlakvet braai
Sif droƫ bestanddele saam. Voeg die margarien by.
Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeel mengsel. Meng dit goed.
Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik.
Vou die styf geklitste eierwitte in.
Skep teelepelsvol van die beslag in die warm olie en bak tot goudbruin.
Dreineer dit goed.
Issie se nota:
Suikermieliepoffertjies in pan op stoof gaar gemaak trek te veel olie en is glad nie lekker nie, daarom het ek die laaste deeg in muffen pannetjies gebak en hulle was baie lekkerder.

